jagomart
digital resources
picture1_Afrikaans Woordeboek Pdf 101384 | Toit001patr01 01


 192x       Filetype PDF       File size 1.53 MB       Source: www.dbnl.org


File: Afrikaans Woordeboek Pdf 101384 | Toit001patr01 01
patriot woordeboek afrikaans engels s j du toit editie h j j m van der merwe bron s j du toit patriot woordeboek afrikaans engels ed h j j m ...

icon picture PDF Filetype PDF | Posted on 22 Sep 2022 | 3 years ago
Partial capture of text on file.
          Patriot woordeboek: Afrikaans-Engels
                        S.J. du Toit
                  editie H.J.J.M. van der Merwe
                           bron
      S.J. du Toit, Patriot woordeboek: Afrikaans-Engels (ed. H.J.J.M. van der Merwe). J.L. van Schaik,
                         Pretoria 1968
         Zie voor verantwoording: https://www.dbnl.org/tekst/toit001patr01_01/colofon.php
       Let op: boeken en tijdschriftjaargangen die korter dan 140 jaar geleden verschenen zijn, kunnen
      auteursrechtelijk beschermd zijn. Welke vormen van gebruik zijn toegestaan voor dit werk of delen
                   ervan, lees je in de gebruiksvoorwaarden.
                              V
        Inleiding
        1. Ek het hierdie heruitgawe van die PATRJOT-WOORDEBOEKonderneem
        omdatekglodatdieSuid-AfrikaanseAkademiemetsyserie‘Teksuitgawes’'ngroot
        diens bewys aan die taalstudent deur op hierdie wyse vir hom toegang te verleen tot
        ons ouer bronnemateriaal. Daar word voortdurend deur dosente, en in taalkundige
        werke, verwys na ons ouer leksikografiese werke, maar weinig studente kry die
        geleentheidomhierdiewerketerinsaetekry-diemeestebibliotekebesithoogstens
        een enkele eksemplaar en dié word nie uitgeleen nie. Daarbenewens het sommige
        stukke nog nooit in druk verskyn nie. Vir behoorlike (vergelykende) bronnestudie
        is dit noodsaaklik dat hierdie ouer monumente in die Afrikaanse taalgeskiedenis
        toeganklik moet wees vir elke student van Afrikaans, wat ongetwyfeld ook moet
        bydra tot 'n duideliker begrip van Afrikaans in sy Dietse verband.
         Daar bestaan lank reeds groot behoefte aan 'n behoorlike historiese grammatika
        van Afrikaans, en dit kan bespoedig word met die beoogde reeks teksuitgawes,
        waardeur die nodige bronne beskikbaar gestel kan word.
        2. Die onderhawige werk, die Patriot-woordeboek, was die vervulling van art. XI
        van die Genootskap van Regte Afrikaners se werkprogram. Die Patriotmanne, en
        veral die leier, ds. S.J. du Toit, het die samestelling van 'n woordeboek van die
        Afrikaanse taal uit die staanspoor gesien as 'n ideaal, maar hulle het ook besef dat
        dit 'n groot taak was wat nie meteens volbring kon word nie.
         Intussen was verskeie persone besig met die saamstel van woordelyste. Na my
        kennis is Antoine Nicolas Ernest Changuion (1803 - 81) die eerste wat 'n dusdanige
        lys aangelê het. As professor vir klassieke en moderne tale aan die pasgestigte
        Zuid-Afrikaansche Athenaeum (later Universiteit van Kaapstad) het hy hom, in sy
        yweromNederlandstebevorderinSuid-Afrika, toegelê op die versameling van
        ‘barbarismes’, dus van ‘afwykende Nederlandse taalgebruik’. In 1844 (2de druk
        1848) publiseer hy sy belangrikste werk: De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika
        hersteld, zynde een handleiding tot de kennis dier taal, naar de plaatselyke behoefte
        vanhetlandgewyzigd.Disinhoofsaak'ngrammatikaboek,maaragterinverskynsy
        bekende Proeve van Kaapsch Taaleigen. Dit beslaan sowat 20 bladsye en bevat
        woordewatbetrekking het op die taalgebruik in Kaapstad. Met hierdie werk het hy
        nie net die grondslag gelê vir woordeboekmakery in Suid-Afrika nie, maar hy het
        ook die weg aangedui vir die Afrikaanse woordondersoek, dus vir 'n studie per se
        vanAfrikaans,'ntaalwattoereedssoverontwikkelhetdathywetenskaplikeaandag
        verdien het. [L.W.: die werk en betekenis van Changuion en ander voorlopers word
        breedvoerig deur my behandel in een of twee verdere dele wat eersdaags onder die
        titel Leksikologiese arbeid tot 1900 in hierdie serie sal verskyn.]
         NaChanguionverskyndaarkorteroflanger‘woordelyste’vanoa.D.U.M.(English
        and Cape Dutch, 1872), H.A.L. Hamelberg (Het Nederlandsch in den
        Oranje-Vrystaat, 1879), Theod. M. Tromp (De Afrikaansche Taal, 1879), F. Baron
        van Hogendorp (in 'n bespreking van Tromp se boek, 1879), adv. Wessels (Cape
        Dutch,1880),H.C.V.Leibbrandt(HetKaapschHollandsch,1882),C.Stoffel(Eene
        wettige dochter der Hollandsche Taal, 1882), N. Mansvelt (Kaapsch-Hollandsch
        Idioticon, 1884), J. te Winkel (Het Nederlandsch in Noord-Amerika en Zuid-Afrika,
                       S.J. du Toit, Patriot woordeboek: Afrikaans-Engels
       1896-hyhetveralgeputuitChanguionenMansvelt),ds.WillemPostma(Afrikaanse
       woord-
                    S.J. du Toit, Patriot woordeboek: Afrikaans-Engels
                          VI
       gebruik, 1896 - in ms.), D.C. Hesseling (Het Hollandsch in Zuid-Afrika, 1897), G.J.
       Boekenoogen(Afrikaansch en Noord Hollandsch, 1903).
        Totrondom1900isvoorgaandediebelangrikste,moontlikdieenigste,watopdie
       gebied van die Afrikaanse leksikologie iets gedoen het. Tot dusver weet ek nie van
       ander stukke nie, behalwe dié van A. Pannevis. Hieroor iets meer, want dit is 'n
       belangrike vonds.
        In sy Afrikaanse Spreekwoorde en Verwante Vorme (Bloemfontein 1924, p. 3)
       skryf D.F. Malherbe: ‘Pannevis is in 1884 oorlede, sodat sy taamlik lywige
       versameling afrikanismes, in handskrif bewaar na sy dood deur Ds. S.J. du Toit en
       teenwoordig in besit van Dr. J.D. du Toit, waarskynlik al in die sewentige aangelê
       is. Hoewel dit die spraak van Pêrel en omgewing weergee, met hier en daar 'n los
       strooisel van Onderveldse eienaardigheid, en vandag hoofsaaklik historiese waarde
       het, bly dit 'n vername verdienste van Pannevis met sy praktiese kennis van 'n hele
       aantal Wes-Europese tale dat hy die pad geopen het vir belangstelling in Afrikaans
       metsuiwer wetenskaplike oogmerk.
        Die Hs. self is onafgewerk; menige kopstuk verskyn sonder aanvullende
       aantekening, ook daar waar 'n verklaring gebiedend was, terwyl meer as een
       aantekening onklaar bly lê het. Ook kom 'n mens teë enkele aanvullinge in potlood
       in die handskrif van Ds. S.J. du Toit wat die versameling noukeurig gelees het by
       die samestelling van die Patriot-woordeboek. Die vier eerste bladsye van die Hs.
       watuitongeveer370bladsye(71/2×5duim)bestaan,hetverloregeraak.Ekherinner
       mynogdatbyeerstekennismakingdaarmeeongeveer16jaargelededieheleeerste
       bladsy gehandel het oor die kindertaalwoord a.’
        OokS.P.E. Boshoff verwys hierna in sy artikel ‘'n Standaardwoordeboek van
       Afrikaans’ in die Gedenkboek ter ere van die Genootskap van Regte Afrikaners
       (Potchefstroom, 1926). Op bl. 311 skryf hy: ‘Arnoldus Pannevis, die man wat so
       veel te doen gehad het met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners in
       1875, het 'n lys aangelê van Afrikaanse woorde, woordvorme, woordbetekenisse en
       woordverbindinge, 'n lys wat totnogtoe nie in druk verskyn is nie, waarvan die
       manuskripaanDr.J.D.duToitbehoortenwatbyProf.J.J.Smithberus.’Danverwys
       hy na D.F. Malherbe (hierbo aangehaal).
        Intussen het die bekende snuffelaar, prof. P.J. Nienaber, wat self nie hierdie ms.
       kon opspoor nie, my 'n faksimilee laat kry van 'n brief van Mansvelt van 9 Junie
       1884, waarin hy aan Pannevis o.a. skryf: ‘Daar 't U tot mijn leedwezen onmogelijk
       schijnt te zien (lees: zijn), U arbeid zelf te voltooien, zal ik gaarne de bouwstoffen,
       door U verzameld, overnemen om ze voor een mogelijke tweede uitgave van mijn
       Idioticon te verwerken. Met 't debiet hiervan gaat 't tot heden maar zwak; toch wil
       ik nog niet aan de zaak wanhopen ... Van de voordeelen van de gehoopte tweede
       uitgavezalikUnatuurlijkgaarne'tUtoekomenddeelafstaan.’AankollegaNienaber
       mydankhiervoor.
        Hierdie ‘verlore lys’ (soos Nienaber dit noem) het ek eindelik gedeeltelik
       teruggevind! Met die vriendelike bemiddeling van mnr. J. Willemse
       (Universiteitsbibliotekaris van die Univ. van Suid-Afrika) het mej. Anna Smith
       (dogtervanwyleprof.J.J.SmithentansbibliotekaresseaandieOpenbareBiblioteek
       van Johannesburg) weer 'n keer haar vader se ‘papiere’ gefynkam en daaronder het
       sy 'n vyftal dun skrifte gekry, waarin haar vader in keurige handskrif die
       ‘Bouwstoffen’ van Pannevis oorgeskryf het. Maar ook hier ontbreek die eerste 4
                    S.J. du Toit, Patriot woordeboek: Afrikaans-Engels
The words contained in this file might help you see if this file matches what you are looking for:

...Patriot woordeboek afrikaans engels s j du toit editie h m van der merwe bron ed l schaik pretoria zie voor verantwoording https www dbnl org tekst toitpatr colofon php let op boeken en tijdschriftjaargangen die korter dan jaar geleden verschenen zijn kunnen auteursrechtelijk beschermd welke vormen gebruik toegestaan dit werk of delen ervan lees je in de gebruiksvoorwaarden v inleiding ek het hierdie heruitgawe patrjot woordeboekonderneem omdatekglodatdiesuid afrikaanseakademiemetsyserie teksuitgawes ngroot diens bewys aan taalstudent deur wyse vir hom toegang te verleen tot ons ouer bronnemateriaal daar word voortdurend dosente taalkundige werke verwys na leksikografiese maar weinig studente kry geleentheidomhierdiewerketerinsaetekry diemeestebibliotekebesithoogstens een enkele eksemplaar nie uitgeleen daarbenewens sommige stukke nog nooit druk verskyn behoorlike vergelykende bronnestudie is noodsaaklik dat monumente afrikaanse taalgeskiedenis toeganklik moet wees elke student wat ong...

no reviews yet
Please Login to review.